Parched Earth. Illustration copyrighted.
Do you know…
  • Hoekom laat God dit toe dat onskuldige mense ly? Antwoord

  • Wat van die kwessie van lyding? Bewys dit nie dat daar geen God is en dat ons op ons eie is nie? Antwoord

  • Is JY goed genoeg om hemel toe te gaan? Antwoord

  • Hoe goed is goed genoeg? Antwoord

  • Sal die hele mensdom uiteindelik gered word? Antwoord

Man verkies om te rebelleer teen God.

Die sondeval is die resultaat van die mens se keuse (sonde).

Sonde is ongehoorsaamheid aan God, om dit eenvoudig te stel. Hy is die Skepper en moet gehoorsaam word. Selfs nog belangriker: God self is die toonbeeld van wat reg is. Sonde veroorsaak ʼn geestelike skeiding van God en ʼn fisiese dood. Die skeiding gebeur omdat God perfek en rein is. Sy reinheid kan nie saam met sonde gepaard gaan nie en in Sy regverdigheid kan die sonde nie ongestraf verby gaan nie.

As gevolg van sonde was die natuurlike wêreld ook vervloek, en het dit begin afsterf. Die grond het minder vrugbaar geword en kos was skaars. Die mens moes baie harder werk vir minder opbrengste. Die mensdom sou ook die effek van sonde besef in hulle menslike verhoudings, wat op sy beurt gelei het tot wreedheid, moord, onkuisheid en versteuring van die harmonie in die familie. (lust)

Die mensdom hou aan om te sondig, deur in opstand te kom teen God die Skepper. Dit is die rede hoekom die wêreld vandag vol lyding is. Die mens moet aanspreeklikheid aanvaar vir die vernietiging van die volmaaktheid van God se skepping.

As gevolg van ons sondige natuur kan die mens nie vir God ken nie en kan hy nie God se liefde en genootskap ervaar nie, ongeag hoe hard hy ook al probeer met sy goeie dade, geloofsrituele of filosofieë. “Almal het gesondig en is ver van God af” (Romeine 3:23).

Na die volgende bladsy

Vertaal deur: Christiaan Hattingh