Sonsondergang. Illustration copyrighted.
Besigtig hierdie bladsy in: Engels (English), Portugees, Spaanse
God is the Redeemer

Jesus het gekom om die waarheid omtrent God te verduidelik en om die prys van die mens se rebellie te betaal.

Johannes 1:18: “Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is (Jesus Christus), dié het Hom bekend gemaak.”

2 Korintiërs 5:21 sê: “Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees.” Met ander woorde, Jesus het weens ons sondes gesterf, sodat ons nie die boete wat deur ware geregtigheid vereis word—die ewige dood—hoef te betaal nie.

Jesus se opstanding
Leer Meer Omtrent Jesus se Opstanding

Jesus het vir ons sondes gesterf en was oorwinnend oor die dood verhewe.

1 Korintiërs 15:22: “Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word” en verder, (verse 54-57) “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal. Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel? Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.”

Weet jy…
Is alle gelowe nie basies dieselfde nie? Antwoord

Jesus Christus is die enigste weg tot vergifnis vir ons sondes en om 'n verhouding met God te hê wat die ewige lewe as gevolg het.

“Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was” (Romeine 5:8). Jesus het gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie” (Johannes 14:6).

Na die volgende bladsy

Vertaal deur: Paul Stemmett